top of page

st. ida's r.k. primer

St. Idas R.K. Primêr is ‘n dinamiese skool wat ongeveer 250 leerders huisves vanaf Gr. R tot 7. Leerders kom vanaf Idasvallei, Cloetesville, Jonkershoek en Welgevallen plase asook van Kayamandi. Ons skool is volgende jaar 75 jaar oud met ‘n baie distinktiewe katolieke geskiedenis. Ons skool was ook een van die eerste skole wat hulle deure oopgemaak het vir leerders van alle rasse.

 

Ons is bevoorreg om hardwerkende, passievolle en goed gekwalifiseerde opvoeders te kan hê. Hulle is bereid om meer as hul plig te doen om die leerders te help en leiding te gee. Dit is ons visie om die kind holisties te ontwikkel sodat hulle produktiewe lede van ‘n veranderde dinamiese globale wêreld word. Dit is ‘n skool met Christelike beginsels waar leerders nog steeds Godsdiensonderrig ontvang.

 

By St. Idas probeer ons die beste kwaliteit opvoeding te bied op alle gebiede. Ons hoef glad nie terug te staan met ons Wiskunde en Tale uitslae nie. Op sport en kulturele gebied doen ons ook uitstekend. Dit is

met trots dat ons, ons leerders uitstuur na naburige Hoërskole sodat hulle die vrugte van sukses kan pluk.

fea896_45cc60e73e4a42ccb97520e892030a34_mv2.webp

cONTACT INFO

Principal: Burton Williams

Phone: 021 886 6021

Fax: 021 886 9054

Email: stidas.prim@wcgschools.gov.za

Face Book: St Idas Primary School

Untitled design (24).png

PHYSICAL ADDRESS

7 Luckhoff Street

Idas Valley

Stellenbosch

Western Cape

South Africa

Untitled design (25).png

POSTAL ADDRESS

PO Box 4090,

Stellenbosch,

7599

bottom of page